Die Boerebruilof

Pissende vrou deur Rembrandt van Rijn (1631)
6+
So lank gaan jy lees: 13 minute

deur Uther Pendragon

Die plaaswerf is rep en roer soos almal rondskarrel met die laaste voorbereidings voor die bruilof. Die gesnyde ente van die hooi, wat dakhoog teen die lang muur van die skuur in gerwe gepak is, is pas met grawe gelyk geslaan en twee jongens druk hooivurke, so hoog as wat hulle kan bykom, twee
jaart van mekaar, steel eerste in die hooi in. Jans klim op die groot stoel, wat voor die hooimuur staangemaak is, se armleunings en is nou besig om ‘n tou tussen die hooivurke se stele te span.

“Ek sal dit nou-nou by jou vat Sara,” snou hy die vrou toe wat op die vloer langs die groot stoel staan. “Jy kan mos sien ek is nog besig!”

Sara trek haar uitgestrekte arms, waarin sy die donkergroen doek vashou, terug. Op die tafel langs haar lê die kroon van versierde papier wat aan
die doek vasgemaak gaan word – die bruid se naam is met groot letters daarop geverf: Lotte.

Lotte en Lieb! Wat ‘n katestrofe! Lotte is die versinnebeelding van lewe en wellus. Haar blonde lokke, sprankelende blou oë, haar sagte vingers, haar wulpse jong lyf – die rooi vlekke wat op haar bors en nek uitslaan, haar groot wit deinende borste, die nat glinster van sweet op haar voorkop,
haar bene wat reguit styftrek met haar wydgesperde toontjies, haar asem wat vir ‘n oomblik tussen haar nat oop rooi lippe huiwer voor dit uitbars – “o God … “ en dan die fontein helder water wat uit haar opgehewe lippe oor ons spuit terwyl haar lang uitgerekte gil teen die binnewande van die
bedstede vasslaan.

Lieb – wat ‘n teleurstelling! My eniggebore kind – groot en gespierd, harig en manlik soos dit hoort, maar met die persoonlikheid van ‘n kind – ondanks sy ouderdom van 24 jaar. Hy kuier steeds met sy vriende saans, verspil hy sy loon op weddenskappe en ontduik sy pligte wanneer hy kan. Hy is ook nie slim nie, trouens hy is ‘n regte domkop en spandeer sy tyd met beuselagtighede. Dalk aard hy na sy ma se mense wat ek nooit geken het nie. Dalk is hy so stompsinnig omdat hy nooit die liefde van ‘n vrou geken het nie – sy ma het na als met sy geboorte aan bedkoors beswyk. Lotte is net ‘n bysaak vir hom.

My gedagtes gaan terug na die eerste keer. Lotte van die buurplaas het een oggend vroeg van die buurplaas daar aangekom. Ek ken haar pa van kleins af en ons kinders het, soos ons, saam grootgeword. Sy het een dag vroeg daar by die opstal aangegkom – ‘n pragtige jong vollyf meid met
haar blonde hare in ‘n dik vlegsel vasgebind. Haar asem het in die koel oggendlug gestoom toe sy vir my vrolik groet met: “More Oom Seef, hier is die eiers.”

Die twee plase het ‘n verstandhouding: in ruil vir ‘n mandjie-vol eiers al om die ander dag kry hulle twee emmertjies melk. Lotte se kuier was altyd welkom – haar teenwoordigheid is soos ‘n sonstraal wat deur die wolke breek. Ek het haar binne genooi en sy het soos gewoonlik die eiers op die tafel
neergesit. Ek het vir haar koffie aangebied en sy het op pad stoof toe by my verbygedruk – haar groot borste het sag oor my rug en die agterkant van my arm verbygeskuur – onskuldig, per ongeluk, familiër, intiem …

Haar antwoord: “Ja graag, kan ek vir Oom ook skink?” vang my onverhoeds en sy moet die vraag ‘n tweede keer vra voor ek wis wat aangaan. Lotte is nie meer ‘n kind nie. Natuurlik nie – haar aanneme in die kerk was reeds ‘n paar jaar terug. Lieb kom in en groet Lotte so in die verbygaan sonder om eens na haar te kyk. Hy breek ‘n stuk brood af en sny ‘n stuk kaas af, draai dit in ‘n doek toe en sit dit in sy bladsak. “Waar gaan jy heen?” vra ek hom toe hy al hy halfpad by die deur uit is.

“Vyfer toe – dit lyk soos ‘n goeie dag vir visvang,” sê hy oor sy skouer en toe is hy daar fort.

Met die omdraai sien ek die verlore kyk in Lotte se oë soos sy Lieb se gang deur die oop deur volg. Haar oë skiet vol trane toe ek haar vra wat fout is. “Lieb sien my nie eens raak nie, Oom.” Sy gryp my hand vas toe ek oor die tafel na haar reik. “Ek is ‘n vrou en ek het ‘n man nodig – ek is lief vir Lieb, ek
ken hom my hele lewe, maar hy wil nie by my wees nie. Dit lyk nie eens of hy weet van my bestaan nie,” sê sy mistroostig.

Tot my skaamte probeer ek om verskoning vir Lieb te maak, wel wetende dat Lieb nie in haar, of waarskynlik enige ander vrou, belangstel nie. Sy staan saam met my op, ons hande nog ineengestrengel. Sy bloos bloedrooi en haar nat lippe gaan met ‘n sagte “o …” oop toe sy my ereksie stuwend teen die dun lap van my broek raaksien. Ek trek haar teen my aan en druk haar sagte lyf het teen my vas om haar te troos, om my te troos, omdat ons moet. Sy lig haar gesig na my met haar oë toe en ek soen haar – dringend soos ‘n man wat sterf van die dors. Dit was jare laas wat ek die sagtheid van ‘n vrou gesmaak het. Dit is die eerste keer dat sy so deur ‘n man gesoen word. En so bevry ons mekaar van die juk van gedwonge onthouding – maar sonder die samelewing se goedkeuring.

* * *

‘n Knaap kom een oggend met ‘n brief in die hand daar by my op die landery aan. Ek druk dit voor in my hemp sodat ek dit die aand vir Lieb kan gee om dit vir my te lees, maar teen middag brand my nuusgierigheid so, dat ek nie langer kan uithou nie en stap toe maar na die Jansen-plaasopstal
langsaan. Liesbet, vrou van Neels Jansen, maak die deur oop toe ek klop.

“More buurman, skort iets?” vra sy en staan opsy dat ek moet binnekom.

Ek haal die sweetnat stukkie perkament voor uit my hemp uit en sê: “Niks waarvan ek weet nie, Bets, maar Grundel se kneg het vanoggend hierdie brief by my aangebring. Ek wou Lieb vra om dit vir my te lees, maar hy is eers vanaand terug … ek wonder, kan jy dalk Lotte roep?”

Lotte het my stem gehoor en loop in die kombuis in net toe ek dit vra. Sy neem die brief by my en lees: “Hiermee word kennis gegee dat jy van die plaas afgesit word as jy jou koringproduksie nie met die volgende oes verhoog nie. Jy was vir baie jare ‘n goeie en hardwerkende landskneg en dit is met groot spyt dat ek hierdie voorwaarde stel, maar ek word van vanjaar gedwing om meer belasting aan die Kroon te betaal. Geteken: Landsheer Grundel.”

Ek voel die woede in my opstoot en dit bars uit: “Die fokken vullis! Ek werk my gat af vir hulle – elke dag van sonsopkoms na sononder, vandat ek ‘n snuiter was – en my pa voor dit – en dit is hoe die Grundel-gespuis my behandel!”

Ek sak op die bankie neer wat die vrouens nadersleep toe die moedeloosheid deur die verstikkende woede brokkel.

“Ons het vanoggend ook so ‘n brief van Grundel gekry,” sê Liesbet met ysige kalmte. Sy loop na die werf en roep na die stalle: “Neels! Buur is hier!”
Na ‘n ruk kom Neels binne. Hy is ‘n breedgeboude man – sy hare is amper so rooi soos sy rooigebrande gesig en arms. Hy stink na stal.

“Seef” sê hy, “jy ook?”

“Ja,” is al antwoord wat ek kan uitkry.

Hy trek ‘n driepoot stoeltjie nader en neem voor my plaas.

“Ons moet ‘n plan maak” sê hy.

“Wat stel jy voor?” vra ek.

“As ons die twee plase as een bestuur dan sal ons die koringproduksie kan opskuif.”

“Hoe gaan ons dit regkry?” vra ek, maar my gedagtes het alreeds begin maal.

Met sy antwoord kan ek sien dat hy en Liesbet dit reeds goed deurtrap het: “Ons skuif jou koeie na die veld suid van die vyfer. Dit is nie goeie grond vir plant nie, maar daar is genoeg gras vir jou koeie en my perde. Dit maak ons twee boonste weikampe langs jou landerye oop en ons kan daar koring
saai. Ons breek die muur tussen jou koeistalle en die skuur uit om jou skuur te vergroot sodat ons meer koring daar kan berg en jy skuif jou koeie hier na my toe, want ek het stalruimte vir hulle.”

Dit maak sin, maar ek glo in die gesegde: “Ver van jou goed, na aan skade.”

My huiwering om te antwoord spoor Neels aan, en hy gryp my hand vas en hy sê ferm: “Ons moet oor Lotte en Lieb praat.”

Ek voel hoe my hart in my borskas tuimel.

* * *

“Wat is fout?” onderbreek Mietje my gedagtes. Ek besef dat ek waarskynlik gesug het.

“Nee niks” antwoord ek bot en gaan aan met die regpak en wegpak vir die troue. Niks, buiten dat my wêreld stadig maar seker uitmekaarval nie. Lotte was vir die laaste ruk die murg in my pype, die rede hoekom ek in die oggend opstaan. En nou – net omdat ek nie alles wil verloor en ‘n boemelaar
wil word nie – gee ek haar aan ‘n ander wat haar nie verdien nie.

* * *

Die gaste daag in hul tientalle by die opstal op. Die plaas is maar ‘n anderhalf myl van die kerk en meeste mense het hierheen gestap. Grundel en die priester het egter daar met ‘n perdewa opgedaag. Hy stap ewe gevat in sy swart fluweel-klere rond en mense loer so ongemerk as wat hulle kan na sy swaard in die versierde skede, die goue ketting en die kantafwerking van sy klere. Ek sien elke nou en dan ‘n vrou of meisie wat na sy skaamkapsel staar. Natuurlik – hy kan ‘n regte skaamkapsel bekostig. Ek het al skaamkapsels van leer in Antwerp gesien laas toe ek daar was – en daar is selfs skaamkapsels van staal op ridderharnasse. Die ryk menere spog met hulle bulte van lap en leer – terwyl ons hier op die plaas ons broeke maar met ons eie vleis moet vul. Ek wonder wat die vrouens nou eintlik verkies – ‘n regte boerelul of die geld wat ‘n opgestopte stuk lap kan bekostig.

Ek lei die hooggeplaaste gaste na hulle plekke by die hooftafel links van die bruid. Lottte … sy lyk so mooi. Sy kyk nie na my toe sy op die groot stoel gaan sit nie. Sy gesels net met haar ouers en sibbe wat op stoele regs van haar plaasneem. Ek gaan sit op die stoel tussen die priester en haar. Sy kyk
af na haar hande – vroom en nederig soos wat dit haar betaam. Sy is so naby my dat ek haar kan ruik. Sy is so naby my dat ek aan haar kan vat. Sy is so naby …

Die vrolike gesels word onderbreek toe twee kêrels na die tafels onder die gewig van die kos steier. Die twee vindingryke vente het ‘n deur van sy skarniere afgetel en twee stokke daaronder gesit – dié dien nou as ‘n reuse kitsgemaakte skinkbord waarmee hulle die bakke stomende kos van die
kombuis af bring. Die geur van sop en ryspap walm van die erdebakke op. Hulle beweeg nou om die tafel om eerste vir die landheer Grundel te bedien, dan sal die priester aan die beurt kom, dan ek en dan die bruid se familie en dan almal anders. Die bruidegom is, soos dit ons gebruik is, nie
teenwoordig nie en hy is veronderstel om op sy bruid met groot afwagting in die wittebroodsbed te wag. Die bruid word ook nie bedien nie en sy moet net daar sit met haar hande vroom voor haar op die tafel gevou en met haar oë neergeslaan terwyl die etery en drinkery aangaan. Die
bruidsgeskenke word aan die ma oorhandig wat dit fluks insamel en vir haar dogter bêre.

Boerebruilof feesmaal deur Pieter Brueghel die Ouere (1568)

Die feesmaal word al hoe luidrugtiger soos die mense al hoe dronker word. Die bier vloei soos water. Bierbekers word al strompelend na vriende by die lang tafel aangedra wat dit gretig uit hul hande neem. Dit is natuurlik ook ons tradisie en dit word trouens deur die kerk goedgekeur – dit is
mos soos die bruilofsmaal by Kanaan waar onse Heer sy eerste wonderwerk gedoen het. Oral lag mense hartlik, oopmond en gil en jil van plesier, en hier en daar het iemand al op die tafel op sy of haar arms aan die slaap geraak.

Grundel maak reg om op te staan en gee sy bruidsgeskenk aan Liesbet. Sy maak die sakdoek oop en snak na haar asem: “Dankie Landsheer Grundel … dankie,” is al wat sy uitkry. Ek sien dat daar ses silwer munte in die sakdoek lê – genoeg om ‘n goeie koei te koop. Grundel groet almal aan die
hooftafel vriendelik en stap saam met die monnik na sy perdewa waar sy kneg vir hulle wag.

Met die vertrek van Grundel verander die musiek eensklaps van singerige volksliedjies na vrolike dansmusiek. Dit is die teken dat die partytjie nou amptelik begin. Mense staan oral van die tafels af op om kringe op die oopte voor die skuur te maak. Die bruid mag natuurlik dans – dit is dan haar
bruilof. Haar blonde lokke glans in die laaste sonlig van die dag. Haar vol lyf wip en wieg onder haar swart rok. Haar borste swaai swaar rond onder haar ingerygte bostuk. Sy lag uitbundig saam met almal maar haar oë kyk stip na my elke keer wanneer sy verbyswaai. Uiteindelik gee ek in en sluit by
die dansers aan.

Boerebruilof dans deur Pieter Brueghel die Ouere (1566)

Die dansende sirkel draai en draai, verby die tafels vol laggende, fuiwende mense en verby die donker hoeke waar mans hul wywe vry. In die rondte, in die rondte. Die klank van die fluite en die doedelsak en dromme noop mens om te beweeg – trap, trap, draai, draai, trap, trap, draai … Ha! –
daar sien ek Jans in die skemerte by die hooibale besig om weduwee Femke te betas. Draai, draai, trap, trap en so tol ons al in die rondte – mense lag en jil van plesier – oop monde, blosende wange, oë wat glinster. Tussen die vryende, soenende, vingerende pare kan ek in die donkerte van die
stoorkamer sien hoe Jans saam met weduwee Femke op die hooibale agteroorkantel. Haar bene spreei bleekwit oop soos Jans bo-oor haar klim. Al in die rondte, al in die rondte – ons swaai verby ‘n paartjie wat teen die soldertrappe aanlê. Sy staan wydsbeen sodat hy haar onder haar rokke kan
bykom en van haar armbewegings weet ek dat sy hom in die broek beethet.

Trap, trap, draai, draai …los tiete skud – grotes, kleintjies, langes, volles, sagtes, stywes …Heupe swaai, boude skommel…Piele tier en skud, al in die rondte, al indie rondte. In die verte in die boord sien ek oral koppelende pare. Die manne wat nog kan, dans dat dit klap – hulle word aangevuur deur
die wulpse lywe van die wywe wat skud en skommel op die maat van die musiek. Die mans se stywe piele betoon wippend hul bewondering. Die glimlaggende vrouens beskou die beurende stawe vlees agter die broekflappe met wellustige oë en dan dans hulle nog vroliker en nog wilder.

Boerebruilof dans deur Pieter Brueghel die Jongere (1616)

Ek kyk na die blosende Lotte in haar swart huweliksrok oorkant my in die sirkel. Haar kaal voete met hulle klein toontjies flits om die beurt wit onder haar rok uit – soos katjies wat wil speel … ek ken die vorm van elkeen tussen my tong en verhemelte. Die papierkroon op haar blonde haardos is ‘n
kleiner replika van die groter een wat voorop die groen behangsel agter haar stoel hang. Slierte van haar hare wat losgeskud het, plak teen die sweet op haar voorkop vas … soos telkemale wanneer sy bo-op my ry. Ek sien hoe haar jong swaar pramme teen die los lap van haar rok skud … ek weet hoe
dit lyk met hulle groot pienk tepels – die areolas so groot soos die wit van ‘n gebakte eier en die tepels so dik soos die voorste lit van my pinkie. Alles van haar skreeu haar behoefte uit om gedek word, om te baar, om te soog. Sy kyk lank af na my kloppende ereksie wat trots voor my uitpriem en
in maat van my danspassies in haar rigting skud en dan kyk sy weer in my oë, soos daardie eerste keer – desperaat. Sy glimlag nie meer nie.

Verskeie mense sluit by die kring aan terwyl ander, nat van die sweet, ‘n blaaskans vat en dorstig aant’ drinke gaan. Ek gaan sit by die lang tafel maar is nie lus vir gesels nie. Ek hou Lotte dop. Sy breek laggend uit die kring weg en stap in die rigting van die huis. Sy vang my blik net voor sy om die
hoek van die skuur verdwyn. Ek staan effe onvas op en volg haar. Ek moet deur die gedrang van laggende en dansende mense werk voor ek by die paadjie uitkom.

“Lekker partytjie, Seef,” sleeptong een van die manne wat teen die skuurmuur staan en pis.

“Ja, prima!” beaam die twee kêrels langs hom.

Ek gaan die skemerte van die huis binne – die kombuis is ‘n gemors – kos, bakke, borde, vate, bottels verstik elke oppervlak en lê in plasse en krummels op die vloer rond. Die honde het hul bes gedoen om skoon te lek wat hulle kon en een steekhaar-brak wend ‘n trae poging aan om die rotte te verjaag. Ek loop verby die kamer wat vir die huweliksnag opgetooi is. In die donkerte sien ek die bedstyl se deur wat oophang en Lieb se poedelnaakte lyf op die bed. Smoordronk, met arms en bene oopgesprei, met sy pap lul wat oor sy dy hang. Ek trek die kamerdeur toe. Die arme Lotte, sy sou hom in hierdie toestand gesien het. Waar is sy dan? Ek stap verby die ander slaapkamer en dan verby die kaaskamer en dan by die agterdeur uit.

Ek sien haar hurkend in die hoek langs die varkhok.

“O … Seef,” snak sy, maar sy bly hurkend sit en bedek niks nie. Sy trek haar rokke hoër op en sprei haar dik melkwit dye wyer oop sodat ek haar
donkerblonde bos kan sien. Met een vloeiende beweging reik sy met haar vingers ondertoe en spalk haar dik poeslippe wyd oop. Ek sien hoe dit soos ‘n persrooi mossel oopstrek en die geel straal pis wat uit die gat spuit. ‘n Helder straal slym drel uit haar gapende kont ondertoe en smelt met die
groeiende plas tussen haar kaal modderbespatte voete saam.

Pissende vrou deur Rembrandt van Rijn (1631)

My dik peester is in my hand nog voor sy kon opstaan, die slymnat pielkop barstens toe pers. Sy staan op en hou haar rokke in haar hande vas. Dan draai sy om vir my terwyl sy haar rokke tot by haar middel oplig om haar groot bedimpelde boude te ontbloot. Sy gaan lê met haar voorlyf op die
lae muurtjie van die varkhok en sprei haar voete. Sy reik agtertoe en trek haar boude uitmekaar om haar harige reet te ontbloot. My vingers sak diep in haar boudvet weg soos ek haar vashou en stoot dan my stywe piel diep in haar in.

Sy maak ‘n lang uitgerekte steungeluid soos my piel diep in haar warm smerigheid opdruk.

Die riffels van haar kontwande ril verby my pielkop. Sy gaan lê met haar kop op haar voorarms en maak haar rug hol sodat haar gat nog meer na my toe uitstoot.

“Dis my plaas dié,” skiet dit deur my gedagtes.

Vir elke stoot wat ek gee, druk sy ewe hard terug met haar boude.

“Dis my meid dié.”

Op haar gesig en nek slaan rooi vlekke uit.

“Dis my gat dié.”

Haar oë val toe.

“Dis my kont dié.”

Die sweet pêrel op haar voorkop.

“Dis die moer wat ek gaan volfok dié.”

Ek voel haar kontslym teen my swaaiende balle afdrup.

“Dis my wyf wat ek gaan volteel dié.”

Haar mond hyg oop.

“Welkom in die familie,” kom dit hortend van my.

Sy antwoord met ‘n diep kreun.

“Ons sal goed vir jou sorg, liewe Lotte,” sê ek en spuit my klote leeg in haar stywe kut.

“Dankie, Pa,” steun sy terwyl ‘n straaltjie kwyl by haar mondhoek uitloop.

6+

3 Comments

  1. ‘n Bydrae uit Uther se fantasie wêreld is altyd verfrissend anders en Uthers genotvol!☺
    Weereens meesterlik oorgedra en ‘n bewys van jou vakmanskap met die pen.
    Saluut Uther!

Leave a Reply